|
Atlas sê dankie
Stroois du Plessis, bemarkingsbestuurder en Corné Engelbrecht,senior
verteenwoordiger in die Pietersburg/Dendron-area, het in Augustus by drie
leier-aartappelboere wat Atlas se produkreeks gebruik, gaan kuier om dankie
te sê vir Kobus, Christo en Herman Kruger se volgehoue Atlas-ondersteuning.
Atlas en die Kruger-familie loop reeds sedert die laat tagtigs 'n mooi pad saam.

Christo Kruger en Stroois du Plessis.
Corné Engelbrecht en Kobus Kruger
Herman Kruger en Corné Engelbrecht.
Jy kry aartappel-uithalers...en aartappel-uithalers! |
|
|
Ausenkehr hou sportdag in die paradys

Ausenkehr se boere het op 6 Augustus 2011 groot makietie gehou, toe twee boerderye
in die pragtige Richtersveld-gebied, Cape Orchards Company en Omega, hulle jaarlikse
sportdag vir hulle werknemers aangebied het - met Atlas as borg. Hier bekyk Johannes
Fourie, Atlas se senior verteenwoordiger in die gebied(regs) die kamera saam met trotse
deelnemers.
ONDER: Mnr Antonie van Heerden, bestuurder van die pragplaas Cape Orchards Company
in die Ausenkehr-besproeiingskema, speel skeidsregter en afsetter tydens die toutrek-
kompetisie tussen die twee plase. C.O.C. het die toutrek en wolliebal-kompetisies gewen,
wat Antonie laat opmerk het mense wat tafeldruiwe eet(C.O.C.) is skynbaar sterker as mense wat
tamaties eet(Omega). Omega se sokkerspan het egter met 'n telling van 4-3 in die taai sokkerstryd
koning gekraai.
|
|
Ooste-span sit koppe bymekaar |
|
|
|
|

Die Oostelike bemarkingstreek se Atlas-span het in Mei by Middelburg onder Frans Burger
se tegniese kundigheid deurgeloop, met 'n intensiewe opleidingswerkwinkel om hulle vir
die res van die jaar voor te berei.
Agter v.l.n.r: Riaan van Heerden(Nelspruit), Andre Smith(landboukundige Noorde), Mechiel
Radley(Pongola), Frans Burger(waarn. BD) en Roland Buys(Weenen).
Middel v.l.n.r: Phil van Dyk(Nelspruit), Johan Swart(Ermelo) en Henk Kuperus(landboukundige
Ooste).
Voor v.l.n.r: Gerhard Greyling(Maastroom), Corne Engelbrecht(Pietersburg), Pieter Burger
(streekbestuurder Natal), Gerda Burger(landboukundige Natal) en Koot Hoffmann(Pretoria).
Frik Engelbrecht(Haenertsburg) en Chris Lombard(Tzaneen) het die foto-sessie misgeloop.
Dalk nie die mooiste span nie, maar beslis die beste... |
|
Laas Opdateer op Woensdag, 27 Julie 2011 15:49 |
|

Die Westelike bemarkingspan praat grondsake rondom 'n profielgat tydens hulle onlangse
opleidingswerkwinkel by Bloemfontein. Jorrie Jordaan van Kroonstad is die man met die hoed, besig om
oor grond-klassifikasie en dergelike dinge te gesels. |
|
ê
Pieter Burger(streekbestuurder Natal), Henk Kuperus(landboukundige) en Mechiel
Radley, Atlas se splinternuwe bemarker in die Pongola-gebied, bekyk Mechiel se
groente-aanplantings. Welkom, Mechiel! Sy selnr: 082 945 7874. |
|
Laas Opdateer op Woensdag, 29 Junie 2011 16:02 |
|
|
|
|
|
|
|