|

Johan van der Westhuizen, Hannes Truter en Jaco Burger
by vanjaar se uitstekende boeredag. Ten spyte van yskoue weer
het - soos geskat - meer as 300 boere vanjaar die dag bygewoon
en tot ounag saamgekuier.
Gottenburg en Atlas - proefwerk wys feite!
Ons het in die afgelope mielie-seisoen aan die bekende Gottenburg-boerevereniging
se jaarlikse uitgebreide proef-aanplanting by Heilbron deelgeneem - en gemaklik
bo uitgekom! 'n Bekende boer van die distrik het tereg opgemerk dat Atlas
Organiese Misstowwe se agterspeen-dae verby is...
Skakel gerus Gottenburg se voorsitter, mnr Koos van Niekerk, vir meer inligting.
Sy selnr: 082 320 5548. Mnr Jaco Burger, spog-boer van Heilbron wat by die
proefwerk betrokke is, sal ook meer kan vertel: 083 680 1153.
Geluk met julle skitterende jaarlikse boeredag wat op
17 Augustus gehou is, Gottenburg!. Tereg die Nampo-Oesdag van die gebied
gedoop... Mnr Johan van der Westhuizen, Atlas-agent/landboukundige in die
gebied en onder-voorsitter van Atlas se direksie, help ook met graagte.
Sy selnr: 082 494 6314. |